Leerders ontslaan ná hul giftige kougom eet
2011-05-11 13:39
Kaapstad – 'n Wes-Kaapse leerder word nog vir voedselvergiftiging behandel nadat meer as 400 leerders kougom waarvan die vervaldatum reeds verstryk het, geëet het, het die departement van gesondheid gesê.
Dit het aan die lig gekom dat die leerders, van die laerskool Trevor Manuel in Fisantekraal naby Durbanville, Dinsdag by verskeie hospitale in Kaapstad opgeneem is nadat hulle begin braak het.
'n Paar leerders het die kougom op 'n nabygeleë plaas gevind en dit aan ander leerlinge uitgedeel.
Mark van der Heever, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê meeste kinders is Woensdagoggend uit die hospitaal ontslaan.
"Huidiglik is daar nog een in die hospitaal. Hy is van die Kraaifontein-hospitaal na Karl Bremer-hospitaal oorgeplaas vir verdere waarnemimg. Al die ander kinders is ontslaan."
Volg Nuus24 op Twitter