Leerders dalk aangekla oor seksvideo
2013-03-08 12:46
Kaapstad – Twee seuns en 'n meisie wat betrokke is in 'n seksvideo-skandaal kan steeds in die hof teregstaan op kriminele aanklagte, is berig.
Die polisie het Donderdag bevestig dat 'n saak teen die drie aanhangig gemaak is, berig die Daily Voice.
"Ons kan bevestig dat 'n saak aanhangig gemaak is," het kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, gesê.
"Dit is 'n baie sensitiewe saak en ons sal geen verdere kommentaar lewer daaroor nie."
Die gr. 11-leerders is verlede jaar geskors nadat twee van hulle seks gehad het in 'n klaskamer en die ander dit met 'n selfoonkamera opgeneem het.
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê die drie leerders, wat ten tyde van die voorval 16 en 17 jaar oud was, is nog nie vervolg nie.
"Daar was nog nie 'n hofsaak nie. Die polisie het hulle ingevolge die Wet op Rolprente en Publikasies aangekla," het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, gesê.
Ntabazalila het gesê 'n besluit is nog nie geneem oor of die leerders vervolg gaan word nie.
– Volg Nuus24 op Twitter