Leerders brand klaskamers af by skool
2011-05-25 15:46
Durban – Leerders wat ontevrede is oor 'n gebrek aan leermateriaal het hul skool in Mariannhille naby Pinetown aan die brand gesteek, het Isolezwe Woensdag berig.
Leerders aan die Isizinda Sekondêre Skool het Dinsdag drie klaskamers afgebrand nadat hulle gekla het dat die skoolhoof nie die nodige skoolmateriaal, soos meubels, verskaf nie.
Die koerant het berig dat leerders twee weke gelede oor dieselfde klag, klasse geboikot het.
Daar word geglo dat die leerders vullisdromme aan die brand gesteek en in die klaskamers gegooi het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA