Leerders bestook onderwysers met klippe
2010-11-11 18:21
Johannesburg – Woedende leerders by die Mthambalale Primêre Skool in Lusikisiki het onderwysers Donderdag met klippe bestook nadat sportaangeleenthede en ‘n partytjie wat aan hulle belowe was, gekanselleer is, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
“Ongeveer 600 leerders, van gr. 1 tot 7 het getoi-toi en klippe na onderwysers gegooi, het kapt. Mduduzi Godlwana gesê.
Die polisie is ingeroep en het die leerders van die skool se perseel geforseer.
Geen beserings of arrestasies is gemaak nie.
Die polisie sal Vrydag die situasie monitor en ‘n wakende ogie hou.
‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA