Leerder vas wat dagga by skool verkoop
2012-02-02 18:55
Johannesburg – ‘n Tiener is by ‘n hoërskool in Soweto in hegtenis geneem nadat hy dagga verkoop het, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.
“Hy het dagga by die skool verkoop. Ons het hom Woensdag deursoek en het 17 pakkies dagga gevind,” het ao. Kay Makhubela gesê.
Die 18-jarige, wat by die Dr BW Vilakazi-hoërskool in Zola skoolgaan, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA