Leerder by skool doodgesteek
2010-03-03 16:05
Kaapstad - 'n Leerder aan die Beacon Hill Sekondêre skool in Mitchells Plain het die 18de persoon geword wat sedert Januarie by of naby 'n skool in die Wes-Kaap gesteek is.
Adenaan Hendricks was Vrydagaand op pad huis toe, toe 'n geveg uitgebreek het en hy wou afkeer. Hy het 'n geldinsamelingsgeleentheid by die laerskool Imperial bygewoon.
Die 19-jarige Hendricks is Maandag dood ná dokters aan sy familie gesê het hy is breindood en die respirator, wat hom aan die lewe gehou het, afgeskakel het.
Die polisie in Mitchells Plain het die voorval bevestig en gesê 'n 17-jarige het homself aan die polisie oorgegee.
– iol