Leërbasis kan nie al sy karre opspoor

2010-09-29 07:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die situasie by die weermag se Leërsteunbasis Johannesburg is nie “gesond” nie, maar daar word hard gewerk om dit reg te stel.

Dít is hoe lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, die afgelope week op navrae oor bewerings van ongerymdhede en gebreke op dié basis gereageer het.

Groot fout met veral die verrekening van toerusting het aan die lig gekom.

So is nagenoeg 30 voertuie wat afgeskryf of na ander eenhede geneem is nog in die eenheid se inventaris. Ná maande kan die voertuie steeds nie “opgespoor” word nie.

Van die afgeskryfde voertuie is op ’n weermagveiling aan burgerlikes verkoop. In die voertuigregister is die weermag egter steeds die eienaar, wat die vrees laat ontstaan dat die nuwe eienaars van die besit van ’n gesteelde voertuig beskuldig kan word.

Die weermag se inspekteur-generaal én die ouditeur-generaal het tydens inspeksies verskeie tekortkominge in die basis se verrekeningsproses uitgewys, maar min het glo nog verander. Volgens Shoke gaan dié proses voort in ’n poging om die basis se boekhouding in orde te kry.

Volgens hom is ’n voorraadopname onlangs met die hulp van spesialiste in die eenheid gedoen en tans word hard probeer om syfers en voorraad te laat klop.

In Desember verlede jaar is 13 motorfietse op die basis gesteel sonder ’n teken van inbraak. Die saak word sedertdien ondersoek, maar niemand is aangekeer nie.

Volgens Shoke is die basis se ligging by Lenz in die suide van Johannesburg sodanig dat dit ’n maklike teiken vir misdadigers is.

Planne word beraam om ’n betonheining om die basis op te rig om diefstal te probeer beperk.

Daar is ook probleme met geld.

So is daar in die huidige finansiële jaar meer as R100 000 bestee om die eenheid se konferensiegeriewe op te knap en rekenaartoerusting te koop.

Desondanks het die bestuur besluit om sy jaarlikse spanbou aan die KwaZulu-Natal suidkus te gaan hou teen ’n koste van nagenoeg R70 000.

Die basisbestuur het ook R20 000 opgedok net om die ingang na die eenheid en ’n tuintjie by die hek deur ’n landskapskepper te laat verfraai.

Dié uitgawe is aangegaan terwyl die geboue op die eenheid uitmekaarval.

Shoke het erken dat die geboue in ’n skokkende toestand is en dat die kwessie reeds herhaaldelik met die departement van openbare werke opgeneem is.


- Beeld

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.