Lede 'misbruik' ANC, sê hoë
2012-10-23 08:34
Johannesburg – ANC-lede wat die party misbruik vir hulle eie finansiële voordeel verongeluk pogings om vaardige leiers te lok, het die ANC-hoë Joel Netshitenzhe volgens Business Day gesê.
Netshitenzhe, 'n lid van die ANC se uitvoerende komitee, het aan die koerant gesê aandag moet ook aan die party se lede-profiel geskenk word.
Hy het dié uitlatings gemaak in 'n toespraak ter nagedagtenis aan die ANC-held OR Tambo, en gewaarsku dat swak senior leiers en die swak gehalte van hulle volgelinge die party se geloofwaardigheid kan skaad.
Netshitenzhe het gesê die ANC moet besluit of dit "aanvaarbaar is dat leiers van die beweging professionele politici is, met geen ander skakel met hulle geemeenskappe nie, en met geen ander vaardighede as politieke aktivisme nie".
Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, het in reaksie gesê Netshitenzhe se "opbouende kritiek" is in lyn met debatte in die party oor maniere om leiers te lok wat graag hulle gemeenskappe wil dien.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA