'Lastersaak was nooit oor die geld' - McBride

2010-03-01 23:18
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Sy lastersaak teen The Citizen was nooit oor die geld nie, het Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni metropolisie, Maandag gesê.

“Die geld was nie belangrik nie, dit was oor die beginsel,” het hy Maandag in reaksie op die appèlhof se beslissing oor die saak, wat meeste in sy guns was, gesê.

Die hof het beslis dat die The Citizen verkeerd was om McBride ‘n moordenaar en krimineel te noem in ‘n reeks redaksionele opmerkings en ‘n rubriek deur ‘n vryskut-joernalis wat in September en Oktober 2003 gepubliseer is.

Die artikels is geskryf toe dit bekend geword het dat McBride die hoof van die metropolisie gaan word.

Die koerant het berig dat hy nie geskik is vir die posisie nie, omdat hy ‘n krimineel is, ‘n moordenaar wat glo betrokke was in onwettige aktiwiteite met wapenhandelaars in Mosambiek.

Die hooggeregshof in Johannesburg het McBride se argument, dat die artikels lasterlik was, bevestig en beslis dat die koerant R200 000 in skadevergoeding aan hom moet betaal.

McBride het Maandag gesê dat die appèlhof se besluit bevestig het dat dit “onwettig” is vir die koerant om op so ‘n wyse oor hom te skryf.

Hy het bygevoeg dat die appèlhof se beslissing ‘n groter implikasie het as die lasterkwessie. Dit sal bydra tot versoening in Suid-Afrika.

Die appèlhof het gesê dat McBride nie meer as ‘n krimineel en moordenaar gebrandmerk kan word in verband met die bomaanval by die Magoo’s Bar/Why Not Restaurant in Durban in 1986, waarin drie vroue dood is nie.

Sapa

 

Lees meer oor: robert mcbride  |  hofsake

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.