Lasbrief uitgereik ná wanbesteding by SAUK
2011-10-22 11:36
Johannesburg – 'n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisname van 'n onbekende persoon wat met beweerde finansiële ongerymdhede by die SABC verbind word, is Saterdag berig.
'n Paar arrestasies wat verband hou met wanbesteding by die openbare uitsaaier sal volg ná 'n verslag deur die ouditeur-generaal, het die SABC berig.
Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), het gesê: "Een lasbrief is uitgereik en die Valke is op die oomblik op soek na die persoon, wat oënskynlik in hierdie stadium die inhegtenisname probeer vryspring..."
Hy het gesê "twee of drie sake" word reeds deur die nasionale vervolgingsgesag oorweeg, en 'n finale besluit of nog arrestasies moet volg, word binnekort verwag.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA