Wag binnekort verby vir matrieks
2010-12-30 17:52
Pretoria - Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys, het Donderdag aangekondig dat hy die uitreiking van die 2010-matriekuitslae goedgekeur het.
Dr Mafu Rakometsi, Umalusi se uitvoerende hoof, het aan die media in Pretoria gesê dat die raad tevrede is dat die prosesse rondom die matriekeksamen van 2010 doeltreffend gefunskioneer het.
Umalusi het die uitreiking van die nasionale seniorsertifikaat se uitslae goedgekeur.
Die raad het ook die uitslae van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) en die Eksamenraad vir Christelike Onderwys goedgekeur.
Die departement van basiese onderwys sal die matriekuitslae na verwagting op Donderdag, 6 Januarie uitreik.
"Ons is tevrede dat die eksamens na wense verloop het en dat die uitslae dus uitgereik kan word," het prof. Sizwe Mabizela, Umalusi se voorsitter, gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA