Landbou 'word wêreldwyd aangeval'
2011-03-09 15:21
Kaapstad – Aanvalle van regerings, omgewingsgroepe en ander bedrywe teen die landbou is nie iets wat net in Suid-Afrika voorkom nie.
Rick Tolman, die hoofbestuurder van die National Corn Growers’ Association (NCGA) van Amerika, sê: “Aanvalle teen die landbou deur omgewingsgroepe en ander bedrywe kom wêreldwyd voor. Die oliebedryf in Amerika bestee byvoorbeeld baie geld om boere se beeld te ondermyn.”
Tolman was een van die sprekers tydens Graan SA se jaarkongres op Bothaville op 9 en 10 Maart.
Volgens Tolman het hulle derhalwe besluit om hul eie beeld te bevorder. Een van die stappe wat hulle gedoen het, is om met behulp van Syngenta leierskapskursusse vir boere aan te bied om hulle te leer hoe om boere se beeld te bevorder, hoe om in die openbaar te praat en met die media saam te werk.
Lees meer by Landbou.com
Volg Nuus24 op Twitter