Landbou dankbaar teenoor staat
2011-01-26 11:34
Kaapstad – Verskeie landbou-organisasies het hul dank teenoor die landbou, bosbou en visserye uitgespreek oor samewerking rondom rampskade weens vloede.
Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, en dr. Pieter Mulder, haar adjunk, Agri SA, die TLU SA en Nafu het Dinsdag vergader om die situasie te bespreek.
Al die landbou-organisasies het hul dank teenoor die minister en die moontlike planne op die tafel uitgespreek.
Volgens die minister was dit ‘n positiewe sessie, en is die departement dankbaar vir die hulp wat die betrokke organisasies belowe het om skade te help bereken en probleme aan te spreek.
Met behulp van dié organisasies kan die departement bepaal watter distrikte en bedrywe prioriteit rondom hulp moet geniet.
Lees meer by Landbou.com
Volg Nuus24 op Twitter