Lamppaal val op kind (6)
2009-08-16 20:30
Amanzimtoti- ‘n Sesjarige meisie is ernstig beseer nadat ‘n lamppaal op haar geval het terwyl sy in die tuin gespeel het.
Volgens nooddienswerkers het die voorval Sondag in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal plaasgevind. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, berig dat die meisie tussen ‘n groep kinders in die tuin gespeel het naby Strandstraat, toe die voorval plaasgevind het.
“‘n Sement lamppaal het omgeval en die meisie se kop getref. Sy is op hierdie stadium in ‘n kritieke toestand,” het Botha gesê.
Die kind is op die toneel gestabiliseer voor sy na die hospitaal geneem is.
–Sapa