Laggende boewe tart vroue, baba met gewere

2010-01-21 11:16
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Johannesburg - Drie gewapende mans het Dinsdagmiddag om 15:00 op die Boschkop-pad, oos van Pretoria, twee vroue en ’n maand oue baba van die pad probeer afdruk terwyl hulle ’n rewolwer op die vroue gerig het.

Die mans het die heeltyd vir die vroue gelag.

Anita Fourie (56), haar dogter, Ankea Pretorius (33), en dié se baba, Ruben (1 maand), was op pad na hul plaas in Boschkop toe die voorval gebeur het.

“My dogter het bestuur en ek het agter saam met die baba gesit. Die volgende oomblik het ’n wit BMW op ons afgepyl en byna agter in ons vasgery,” het Fourie gesê.

“Ek het aanhoudend vir die bestuurder van die BMW gewys om verby ons te ry, want daar was geen ander voertuie op die pad nie, maar hy het hom nie aan my gesteur nie,” het Fourie gesê.

Volgens haar het die BMW toe langs hulle begin ry. “Die passasier wat links voor gesit het, het sy venster afgerol en ’n rewolwer teen my dogter se venster gedruk.”

Fourie het gesê Pretorius het in daardie stadium aanhoudend geskreeu: “Ma, hy gaan my skiet!”

“Ons het seker vier minute lank so gery en die heeltyd het hulle vir ons gelag. Ek het die baba vasgehou en met my liggaam probeer beskerm,” het Fourie huilend vertel.

Pretorius het in ’n stadium die BMW langs die kant hard gestamp om die mans van hulle af weg te kry, maar dit het nie gehelp nie.

’n Vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting aangery gekom het, het waarskynlik die vroue se lewe gered, want die BMW het spoed verminder, omgedraai en weggejaag.

Fourie het gesê haar dogter is erg getraumatiseer.

Tuis het die vroue byna twee uur lank gesukkel om die Boschkop-polisie in die hande te kry. “Toe ek uiteindelik ’n polisieman in die hande kry, het hy gesê hy gaan nie nou uitkom nie, want niemand is dood of beseer nie. Ons buurtwag het ons kom ondersteun.”

Insp. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het Fourie gister persoonlik gebel en verskoning gevra en gesê die voorval sal ondersoek word.

Hulle gaan ook vasstel wie die betrokke polisieman is. “As dit daarop neerkom dat hy versuim het om sy plig na te kom, gaan hy departementeel vervolg word,” het Stoltz gesê. 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.