Ladysmith loop deur onder vloede
2011-01-04 22:42
Durban – Besig in Ladysmith het tot ‘n stilstand gekom en sowat 50 huise is onder water na vloede die dorp Dinsdag geteister het.
Onderburgemeester Fana Madlala het gesê die munisipaliteit spook om die situasie onder beheer te kry.
Een van die twee hoofpaaie na die dorp, langs die Kliprivier, is onder water, het Madlala gesê.
Die oorstroomde huise is in die buitewyke, rondom Roosboom en Drifontein, geleë.
Lennox Mabaso, ‘n woordvoerder van die plaaslike regering in KwaZulu-Natal, het gesê geen beserings was teen laatmiddag gerapporteer nie.
“Rampbestuur het die situasie onder beheer,” het hy bygevoeg.
Volg Nuus24 op Twitter.