'Laat rykes betaal vir onderwys'
2011-03-03 07:07
Johannesburg – Die studente-organisasie Sasco meen rykes soos die sakeman en soesji-koning Kenny Kunene moet belas word om vir gratis onderwys te betaal.
“Die elite wat so baie geld het dat hulle soesji van kaal vroue se lywe kan eet, moet swaar belas word om gratis onderwys te finansier,” het Mbulelo Mandlana, Sasco-president, gister op ’n mediakonferensie gesê.
Die organisasie meen geld vir gratis onderwys sal nie “van die Heilige Gees” af kom nie, maar wil hê Suid-Afrikaners wat groot salarisse verdien en groot, winsgewende maatskappye het, moet opvoedingsbelasting betaal, het Mandlana gesê.
Sasco stel vandag ’n veldtog vir gratis hoër onderwys bekend.
Die organisasie sê arm werkersklas-studente word te na gekom deur ’n hoëronderwysstelsel wat net op wins ingestel is.
Volg Nuus24 op Twitter
- Beeld