Laat aansoeke probleem op eerste skooldag
2012-01-18 14:00
Johannesburg - Die departement van Basiese Onderwys sê laat aansoeke het op die eerste skooldag in vyf provinsies probleme veroorsaak.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga en haar adjunk, Enver Surty, het 'n verrassingsbesoek aan twee skole in Bela-Bela in Limpopo gemaak.
Hulle sê hulle is tevrede met die skole se voorbereiding vir die nuwe jaar. Daar was egter talle mense wat vir die eerste keer daar opgedaag het om plek te soek vir hulle kinders.
In Noordwes het die LUR vir huisvesting en openbare veiligheid, Desbo Mohono, skole in Bloemhof en Taung besoek, waar hy 'n bestek neem van die skade wat deur stormweer aangerig is.
Intussen is daar kommer oor die gereedheid van skole in Mpumalanga, terwyl laat aansoeke en boek-aflewerings in die Vrystaat ook na verwagting probleme kan veroorsaak.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter