Laaitie val 5 vloere, voel 'sharp'

2009-10-19 10:05
Tweets Share Share line Print

Sonwabise Mbonyana

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Retha Grobbelaar

’n Sewejarige seuntjie van Johannesburg het eergister wonderbaarlik oorleef toe hy deur ’n venster vyf verdiepings ver geval het tot op ’n betondak.

“Ek het ’n wonderwerk-seun. Ek kan nie glo hy lewe nie. Hy kon dood gewees het. Ek dank God,” het Zoleka Dzai (34), Sonwabise Mbonyana se ma, gister gesê terwyl haar seuntjie aan ’n hamburger en slaptjips in die Garden City-kliniek geëet het.

“I am sharp,” is al wat hy gister uit sy hospitaalbed gesê het.

Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het die seuntjie verskeie frakture aan sy bene en bekkenbeen opgedoen.

Sonwabise het eergistermiddag teen sy ouer boetie, Ntsikomzi Mbonyana (10), en maatjies resies gehardloop in die gang van hul woonstelblok in Joubertpark in die Johannesburgse middestad.

“Dit was tussen 13:00 en 14:00 toe ek hom gevra het of hy middagete wil hê,” het sy ma vertel. “Hy het gesê hy speel nog. Ná sowat ’n uur het sy ouer boetie ingekom en gesê hy het deur die venster geval, maar dat hy nog lewe.

Daar is ’n lang venster in die gang en Sonwabise het in die hardloop deur die venster gebars en geval.

“Ek het van die bed af opgespring,” het sy ma gesê. “Sonwabise was onder in ’n poel van bloed. Ons was almal só geskok. Ek het my foon vir iemand gegee en hulle het die ambulans gebel,” het Dzai gesê.

Sonwabise het vyf verdiepings ver tot op ’n dak geval. Daar was skerp yster-diefwering op die dak wat hom aan sy regterbeen en linkervoet gesny het.

’n Onbekende man het hom van die dak afgehaal en hom na die ontvangs van die woonstelblok geneem.

Dzai het by die trappe afgehardloop na die ontvangs.

“Ek het gedink hy was dood. Nooddienswerkers het hom bedek met ’n blinkerige plastiek. Ek het gedink ek het my seun verloor,” het Dzai gesê.

“Hy het al gesê hy wil ’n vlieënier word. Ek glo God het hom ’n tweede kans gegee. Hy is ’n wonderlike, taai seuntjie,” het sy gesê.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sambok sê... Blip maak dit dan Sowetoe algemeen as dit jou gelukkig sal hou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Landcruiser Prado 3.0 DT VX 4x4 8-s Dsl AT
2005
R 299,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 120,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.