LUR vir finansies in bedrogsaak moet in sel bly

2010-11-06 08:17
Tweets Share Share line Print

Kimberley. – Twee regters het die aansoek van John Block (43), Noord-Kaapse ANC-voorsitter en LUR vir finansies, ekonomie en toerisme om ’n landdros se uitspraak oor die datum van sy borgtogaansoek te hersien, gistermiddag van die hand gewys.

Dit beteken dat hy minstens tot Dinsdag in ’n enkelsel by ’n polisiekantoor aangehou sal word. Die staat sal dan besluit of sy aansoek om borgtog teengestaan gaan word.

Block, Gaston Savoi, voorsitter van Intaka Investments, en sewe medebeskuldigdes is vroeër vandeesweek in verband met bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R40 miljoen in hegtenis geneem.

Die misdrywe is na bewering in 2005 gepleeg.

Landdros Lance Raoch het eergisteraand beveel Block en Savoi, ’n skatryk sakeman van Uruguay, moet op versoek van die staat sewe dae lank aangehou word.

Dit is die tyd wat die staat benodig om te besluit of hy die borgtog wil teenstaan.

Terselfdertyd het Raoch borgtog aan die sewe medebeskuldigdes toegestaan.

Enkele ure ná die landdros se uitspraak het Block se regsverteenwoordiger ’n dringende aansoek by die hooggeregshof ingedien dat die landdros se beslissing hersien moet word.

Regter S.A. Majiedt het die verrigtinge gister kort ná middernag onbepaald uitgestel sodat die oorkonde van die landdroshofverrigtinge getik kon word.

Die getikte oorkonde was gister om 15:45 gereed. Block was nie in die hooggeregshof nie.

Regter Majiedt, bygestaan deur regter C.J. Olivier, het gesê al slaag Block met die hersieningsaansoek, kan die hooggeregshof nie oor ’n borgtogaansoek beslis nie, want dit is magte wat die wet aan ’n landdros toegedeel het.

Die regter het verder daarop gewys dat adv. Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging, die aanklaer, verskeie kere in die getikte oorkonde na die belange van geregtigheid verwys het.

Volgens Simelane moet Block aangehou word weens nog ongerymdhede wat in die ondersoek geopenbaar kan word en omdat Block vanweë sy magsposisie met staatsgetuies kan inmeng.

- Beeld

Lees meer oor: john block  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.