'LUR sou vir moorde betaal'

2011-02-15 07:08
Tweets Share Share line Print

Virginia - ’n Selferkende moordenaar en eens gevreesde bendeleier wat genader is om sluipmoorde op ’n bekroonde polisieman van Welkom en ’n boer van Wesselsbron uit te voer, het hier in die hooggeregshof getuig ’n Vrystaatse LUR sou die geld vir dié moorde voorsien.

Luidens getuienis sou Dan Khotule, Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, die geld vir die moorde aan sy broer, sers. Japhta Khotule, voorsien. Laasgenoemde is een van die beskuldigdes wat op verskeie aanklagte hier teregstaan.

Andries Louw het ook getuig dat lt.kol. Abe Kolisang, bevelvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad, deel van die moordkomplot was. Dit is hy wat voorgestel het dat van ao. Nico Smith ontslae geraak moes word, “omdat hy te diep krap”.

’n Nuwe ondersoekbeampte sou geen probleem wees nie, omdat Kolisang hom gou sou “uitsort”.

Louw het getuig Kolisang was volgens ao. Donnie Williams van Welkom, wat hom met die “werks­aanbod” genader het, in die sak van ’n groep polisiemanne wat van onder meer die roof op Carel Marais van Wesselsbron en sameswering tot sy en Smith se moord aangekla word.

Volgens Louw se getuienis het die groep Kolisang van geld vir sy “dwelmgewoonte” voorsien. (Volgens Louw se beëdigde verklaring was dit kokaïen wat Kolisang gereeld gebruik het.)

Hy het voor regter Faan Hancke getuig dat die R10 000, wat hom vir die moorde aangebied is, te min was – hy wou R50 000 per kop hê.

Ene Blompot, ’n vriend wat hom ook met die werk genader het, het gesê dit is geen probleem nie, want sers. Japhta Khotule se broer is ’n LUR en hy is bereid om die geld te voorsien. Khotule is die broer van Dan Khotule, Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning.

Louw, wat in die getuiebeskermingsprogram is, is Maandag by die hof op Virginia deur drie gewapende mans bewaak en kon geen beweging maak sonder dat hulle aan sy sy was nie.

Hy het op ’n vraag van regter Hancke getuig hy was vroeër ’n gevreesde bendeleier vir wie selfs die polisie bang was. “As ek iemand doodgemaak het, was dit nie net twee of drie meshoue nie. Ek het op hom geklim en aanhou steek totdat ek seker was hy sou nie weer opstaan nie.”

Hy het sy wreedaardige geaardheid afgeskud toe hy sy vrou ontmoet het. Sy en haar godsdienstige familie het sy lewe verander.

Hy het getuig dat hy reeds deur Williams na Smith se huis geneem is om te wys waar hy bly. Williams het hom aangesê om ná die moord op Smith oornag by die “bruin hoekhuis” van ’n polisiekaptein in dieselfde straat te gaan skuil.

Omdat hy Smith goed ken en nie meer “die tipe werk” gedoen het nie, het hy die aanbod van die hand gewys en is daarna verskeie kere deur ’n woedende Williams en sy bende aangerand. Sy huis is met klippe verwoes en twee van sy motors is uitgebrand.

Die beskuldigdes is Molehane Mabuza van Wesselsbron, Faan Rossouw (werklose en voormalige polisie-informant van Welkom), Andrew Scheepers (begrafnisondernemer van Christiana), Barney Booysen (werklose van Christiana), ao. Xolisile Blom, ao. Jabulane Xaba, Khotule, ao. Steven Mthwalo, Sechaba Masiane en ao. Sello Mtsala.

Hulle ontken almal skuld op aanklagte van menseroof, diefstal, gewapende roof, sameswering tot moord, dat hulle hulle voorgedoen het as polisiebeamptes, en van die gebruik van ’n voertuig sonder toestemming.

Ao. Mthwalo, wat op borgtog is, is Vrydag op aanklagte van besit van goudstof in hegtenis geneem.

- Vrystaat

Lees meer oor: huurmoorde  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.