LUR se huis afgebrand
2010-06-19 18:17
Johannesburg – Nelisiwe Moerane, Gauteng LUR vir sport, ontspanning, kuns en kultuur, se huis in Johannesburg is tydens ‘n inbraak afgebrand.
Die voorval het blykbaar vroeg Saterdagoggend plaasgevind.
Moerane en haar familie was nie by die huis tydens die inbraak nie.
“Die somtotaal van die skade is nog nie duidelik nie.
“Die polisie ondersoek tans die saak en ons hoop dat die skuldiges gevang sal word,” het ‘n verklaring van Moerane se kantoor gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA