LUR lê klag oor Malema-gerugte
2009-11-14 22:25
Johannesburg – Pinky Kekana, Limpopo se LUR vir paaie en vervoer, het ‘n formele klag by die ombudsman teen 'n koerant ingedien oor berigte wat verwant hou met Julius Malema se verkeersboetes.
Die klag is teen die koerant City Press gelê vir die publisering van “valse en kwaadwillige eise” teen haar en die departement.
Wisani Ngobeni, woordvoerder vir die departement, sê die koerant het twee artikels gepubliseer.
Die koerant beweer glo daarin dat dit “vasgestel het dat die leier van die ANC-jeugliga nie ‘n R1 500 boete toegedien is nadat hy glo die spoedlimiet oorskry het en vir Kekana gevra het om te in te meng”.
Die koerant het glo verder beweer dat Kekana toe wel ingemeng het om “te verhoed dat Malema ‘n boete ontvang”.
Ngobeni sê dié aantygings is vals en moedswillig.
“Die departement van vervoer sal verseker dat City Press deur die ombudsman aanspreeklik gehou word vir hierdie oortreding van Kekana se regte,” het sy gesê.
- Sapa