LUR het plan vir huise in Vrystaat

2011-01-14 10:23
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Nuwe stelsel om bekostigbare huise aan middelklas-broodwinners te verskaf kan binnekort in die Vrystaat begin.

Mosebenzi Zwane, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en landelike ontwikkeling, het Donderdag in ’n onderhoud sy plan met ’n nuwe soort laekostebehuising aan Volksblad bekend gemaak.

Hy sê daar bestaan ’n groot behoefte by mense wat ’n goeie werk het, maar steeds nie genoeg verdien om goeie huislening by ’n bank te kry nie, om ’n huis te bekom.

Dit is mense wat meer as R3500 ’n maand verdien en dus nie kwalifiseer vir ’n HOP-huis van die regering nie.

“Ek was self jare gelede ’n onderwyser en ek het baie begrip vir onderwysers en ander mense wat hard werk, maar nie werklik ’n goeie salaris ontvang nie.”

Daarom voer dié departement samesprekings met die nasionale departement en verskeie belanghebbendes vir ’n oplossing hiervoor.

Zwane sê die idee is dat dié departement vir mense, soos onderwysers en polisielede, wat dit andersins nie kan bekostig nie, nuwe huise help bou.

Die huise se pryse sal by sowat R72 000 ’n huis begin.

Die idee is dat mense die huis dan renteloos terugbetaal teen ’n bedrag van sowat R850 per maand.

“Sódoende kan iemand ’n splinternuwe huis binne sewe en ’n half jaar afbetaal,” sê hy.

Die prys van die huis kan hoër ook wees en sal deur ’n persoon se inkomste bepaal word.

Zwane sê dit is vir hom pynlik dat eerlike broodwinners hulle jare lank afsloof, maar nooit kwalifiseer om ’n huis te koop nie.

Die projek kan reeds in Maart vanjaar begin en is volgens Zwane ’n eerste in die land.

“Daar is reeds 250 mense op Wesselsbron geïdentifiseer.

“Dinge kan binnekort begin gebeur.”

- Volksblad

Lees meer oor: behuising

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.