LP’s se streke in bed rede vir alarms
2010-10-24 07:07
Die 2 500 noodoproepe van LP’s se wonings na die beskermingsdienste is opgeklaar.
Dit
gaan nie oor inbrake by Akasiapark, Laboriapark en Pelikaanpark nie,
maar oor beddens se kopstukke wat in die meeste gevalle teen die
alarmknoppies stamp?…
Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, sou nooit
kon dink sy navrae oor parlementêre veiligheid sou lei tot kollegas se
belydenis dat hul bedmanewales die rede is vir die talle vals alarms
nie.
George Lekgetho, ANC-LP, het Woensdag vir die
polisiediens se topamptenare gesê hy weet hoekom alarms by die dorpe tot
onnodige ingryping van die beskermingsdienste lei.
“Ons
bedkopstukke is so naby aan die alarmknoppie teen die muur, dit hang
skoon los,” het hy tot groot vermaak van sy mede-LP’s gesê.
“Dit kap daarteen,” het hy verontwaardig verduidelik, totdat hy die implikasie van sy verduideliking gesnap het.
Bykans
98% van die 2 500 alarm-oproepe na die beskermingsdienste was vals,
moes die LP’s verleë aanhoor. Dis toe dat Lekgetho verduidelik het
.
Die beskermingsdienste het verlede jaar 27 inbrake of oortredings ondersoek en vanjaar is die getal tot dusver 19.
Die oortredings is nie terrorisme nie, het genl.maj. Fanie Masemola, hoof van beskerming en veiligheid in die polisie, gepaai.
“Dit is gewoonlik kabels of spreiligte wat gegaps word, en in een geval ’n bottel mineraalwater.”
Die
dorpe word onderhou deur openbare werke en volgens dié departement word
beskerming nie uitgekontrakteer nie, maar deur die polisie behartig.
Rapport het ook by die polisie bevestig dat hulle die verantwoordelikheid dra.
Die
beskermingsdienste-eenheid in die polisie het egter Woensdag gesê hulle
het nie genoeg kapasiteit om die land se nasionale sleutelpunte
(waaronder bogenoemde woonbuurte) te beveilig nie en daarom moet hulle
private veiligheidsmaatskappye gebruik.
Daar was verlede jaar 156 sleutelpunte, maar dié het nou toegeneem tot 170.
Die punt is benadruk dat die polisie veiligheid reguleer by dié punte, maar nie die beveiliging uitvoer nie.
Beveiliging word oorgedra aan veiligheidsmaatskappye.
Joe McGluwa, die OD se parlementêre leier, het gesê sekuriteit by Akasiapark laat veel te wense oor.
Die hek staan oop gedurende spitstye en elke Jan Rap en sy maat kan instap sonder om aan te meld.
- Rapport