LP’s se sakke bult danksy hul reis-eise

2010-09-03 06:22
Tweets Share Share line Print


Die Burger

Kaapstad - ’n Tweede reisskandaal waar parlementslede in die laaste boekjaar meer as R6 miljoen in hul sakke gesteek het, is Donderdag onthul.

In een geval het ’n enkele LP sy jaarlikse inkomste met byna R300 000 aangevul.

Patricia de Lille, OD-leier, het op ’n nuuskonferensie in die parlement ses oortreders geïdentifiseer.

Volgens die nuwe modus operandi verkies LP’s eerder om per motor te reis, pleks daarvan om te vlieg. Die kilometers word dan ten duurste teruggeëis.

In die laaste boekjaar moes die parlement meer as R6miljoen opdok vir padreis-eise.

Dr. Manie van Dyk, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, het meer as R275 500 geëis toe hy per motor tussen sy kiesafdeling in Pretoria en die parlement gereis het.

Dit het ’n bykomende maandeliks inkomste van byna R23 000 vir Van Dyk beteken.

Ebrahim Sulliman, ANC-LP, het R242 000 geëis en De Lille se eie kollega, Jan Gunda, OD-LP van die Noord-Kaap, R134 000.

Eise word glo direk by die parlement ingedien, ’n proses wat De Lille wil hê moet verander.

Nadat De Lille verlede jaar van Gunda se salarisaanvulling uitgevind het, het sy dié LP se direkte eise onmiddellik stopgesit. Alle eise moet nou deur die partyleier goedgekeur word.

Van Dyk het by navraag gesê hy sal reageer as hy ’n skrywe van die parlement kry, omdat dit “hier oor die parlement gaan”. Hy hou vol dat hy binne die wet opgetree het.

Ian Davidson, DA-hoofsweep, het gesê hy het onmiddellik ’n verduideliking van Van Dyk geëis omdat die bedrag “abnormaal hoog” is.

“Sy eerste verduideliking was dat daar niks met die eise verkeerd is nie.”

Die DA sien egter die kwessie in ’n baie ernstige lig. Davidson het dit na die party se federale regskommissie verwys, wat ook na “etiese aspekte” sal kyk.

Sulliman het gesê daar is daagliks net een vlug tussen Kimberley en die Moederstad. “As ek die vlug verpas of nie ’n sitplek op die vlug kry nie, word ek gedwing om per motor te reis.”

Hy sou eerder verkies om te vlieg omdat hy “eintlik verloor omdat brandstofkostes, ’n mens se tyd en belasting meer kos as wat jy uitkry”.

Vir ’n rit padlangs tussen Kaapstad en Johannesburg mag LP’s ’n eis van byna R12 000 indien. Dít terwyl ’n retoerkaartjie die parlement tussen R5 000 en R6 000 kos.

Die handboek vir lede bepaal dat LP’s mag kies tussen ’n lug-, pad- of treinreis. Die parlement vergoed hulle net vir die laaste twee.


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: regerings  |  finansies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.