LP's se optrede ongedissiplineerd, sê ANC
2011-11-23 18:01
Kaapstad – Twee ANC LP’s is oor die kole gehaal omdat
hulle uitgeloop het kort voor die Nasionale Vergadering oor die omstrede inligtingswet moes
stem.
Ben Turok en Gloria Borman het die vergadering
bygewoon, maar kort voordat die stemmery begin het, het beide uitgestap.
Die aangeleentheid sal intern deur die ANC aangespreek word, het die ANC in ‘n verklaring gesê.
“Die feit dat hulle hul beswaar teen die
wetsontwerp op dié manier gelug het sowel as hul gebruik van die media in die saak, wys
daarop dat hulle ongedissiplineerd is.
“Die saak sal intern deur die ANC hanteer
word,” het die verklaring gesê.
Volgens ‘n woordvoerder van die ANC, Keith Khoza, was hul
optrede buite die norm van die ANC.
Hy het bygevoeg dat daar interne kanale is waardeur lede van die ANC hul
onsekerheid of besware kan opper.
Borman het aan die media gesê sy het versuim
om te stem aangesien sy van mening is die wetsontwerp die stryd teen korrupsie
kniehalter.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA