LP’s mélk reistoelae

2011-06-10 06:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Parlements­lede se reise en telefoonoproepe kos belastingbetalers jaarliks R223 miljoen.

Die bedrag sluit ook die reiskoste in van die LP’s se sowat 1 700 gades, metgeselle en afhanklikes wat by die parlement se sekretaris geregistreer is.

Hulle is ingevolge LP’s se reisvoordele ook daarop geregtig om na Kaapstad te reis.

Luidens die parlement se jongste verslag het belastingbetalers in die 2009-’10-boekjaar meer as R223 miljoen vir LP’s se oproepe en reise opgedok en in 2008-’09 bykans R158 miljoen.

Politieke partye het by navraag ontken die reisbeleid is rojaal, maar ’n senior parlementêre amptenaar voer aan sommige LP’s melk die stelsel binne die reëls so ver as wat hulle kan.

“Die eise word uitbetaal as aan die voorwaardes voldoen word, ongeag of dit tot op die limiet gedruk word.”

Die beleid is opnuut in die kollig nadat Media24 se ondersoekspan uitgevind het dr. Manie van Dyk, ’n senior DA-LP, se volwasse dogter en dié se verloofde het in 2009 op belastingbetalers se rug tussen Centurion en Kaapstad gereis. Van Dyk hou vol hy het geen reël oortree nie.

Hy het reis-eise van R275 000 in die boekjaar 2009-’10 ingedien.

Beeld het vasgestel daar is onder sommige DA-LP’s groot ongemak oor sy optrede, ongeag of dit wettig is of nie.

“Hy het blykbaar nie gedink dis oneties nie, maar ek sluk moeilik daaraan,” het ’n LP gister gesê.

Elk van die 400 lede van die Nasionale Vergadering en 54 permanente lede van die Nasionale Raad van Provinsies is jaarliks op 86 enkelritte – per motor, bus, trein of vliegtuig – tussen Kaapstad en hul kiesafdelings geregtig. Die 86 enkelritte sluit ritte vir gades en metgeselle in.

LP’s se afhanklikes (byvoorbeeld ’n onbeperkte aantal kinders jonger as 18), is elkeen jaarliks op 12 enkelritte geregtig.

Parlementslede wat met hul motors tussen Kaapstad en hul kiesafdeling reis (soos Van Dyk gedoen het), kon tot onlangs toe nog ’n eis van R4,46 per kilometer by die parlement ingedien het, al sou dit goedkoper wees om te vlieg.

Ian Davidson, DA-hoofsweep, het gister gesê dié reël is verlede jaar verander nadat Van Dyk en vyf ander LP’s (van die ANC en die OD) se reusagtige motoreise in September onthul is.

“LP’s moet nou die goedkoopste reisopsie neem. As hulle steeds verkies om te ry, word hulle net vir ’n bedrag gelykstaande aan ’n ekonomiese klas-(vlieg)kaartjie vergoed.”

Volgens Davidson is LP’s se reisvoordele nie rojaal nie omdat hulle weekliks na hul kiesafdelings moet reis.

Ook Cheryllyn Dudley, die ACDP-hoofsweep, het gesê die indruk dat LP’s belastinggeld misbruik, is verkeerd. “LP’s maak groot persoonlike opofferings, ons is ver van ons families en soos dit is, is die reisvoordele skaars voldoende om gereeld by ons kiesers uit te kom.”

Sy het wel toegegee daar is “kreatiewe individue” wat die stelsel vir eie gewin inspan.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: parlement

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.