LP’s doen glad nie sleg nie

2009-08-29 07:39
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Cope-LP’s is inderdaad welgesteld. Dit is te oordeel na die register waarin parlementariërs hul belange in maatskappye, die besit van eiendom en die geskenke wat hulle ontvang het, verklaar.

Thozamile Botha, Cope-LP, het ’n besonder benydenswaardige eiendomsportefeulje.

Sy bates bestaan onder meer uit twee plase (een in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap en een naby die Hartbeespoortdam in Noordwes), ’n boothuis, verskeie leë erwe, woonstelle én vyf kommersiële geboue.

Botha, ’n vermoënde sakeman en voormalige direkteur-generaal van die Oos-Kaap, is ook direksielid van 58 private maatskappye, nege beslote korporasies en drie openbare maatskappye.

Philip Dexter, nog ’n Cope-LP en die party se woordvoerder, is direksielid van 29 private maatskappye en drie beslote korporasies.

Wat kabinetsministers betref, besit dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (binnelandse sake), ’n erf in die gesogte Zimbali-kusoord, noord van Durban.

Tina Joemat-Pettersson (landbou, bosbou en visserye) spog met twee eiendomme in Stockholm, Swede – ’n woonstel en ’n somerhuis.

Eerw. Musa Zondi, IVP-LP, dien in die direksie van 14 maatskappye en besit drie eiendomme in Ulundi, KwaZulu-Natal.

Onder die welgestelde ANC-LP’s tel Thaba Mufamadi, wat spog met ’n wildplaas in Limpopo, twee wonings in Lynnwood, Pretoria, en ’n erf van 4 ha in Midrand. Hy is boonop ’n direksielid van 16 private maatskappye.

Patti Duncan, DA-LP, hoef nie terug te staan wat haar eiendomsportefeulje betref nie. Sy het verskeie eiendomme in Langebaan aan die Weskus – onder meer vyf huise en vier erwe. Haar partygenoot Mike Waters besit grond in Australië.

Tokyo Sexwale, tans minister van huisvesting en gewese sakeman, het uit die direksies van verskeie maatskappye bedank.

- Die Burger
 

Lees meer oor: cope  |  politiek

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.