Kweekhuisgasse onder bespreking
2010-01-18 15:46
Johannesburg - Die vier sterkste ontwikkelende lande ter wêreld, waarvan Suid-Afrika een is, sal binne die volgende twee weke vergader voor hul verslae oor kweekhuisgasvrystelling op 31 Januarie aan die Verenigde Nasies (VN) oorhandig moet word.
Daar is verlede maand op die VN se 15de kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen, Denemarke, ooreengekom dat alle betrokke lande hul voorgenome beperkingsdoelwitte vir die vrystelling van kweekhuisgasse teen dié datum moet indien.
Luidens ’n berig van Allafrica sal China, Brasilië, Suid-Afrika en Indië moontlik ’n gesamentlike voorneme ná hul vergadering in Neu-Delhi indien. China het reeds onderneem om sy kweekhuisgasvrystelling teen 2020 vir elke eenheid wat tot ekonomiese groei bydra, te verlaag met 40% tot 45% van sy vrystellingsvlakke in 2005. Die Indiese regering se onderneming staan op 25% van sy 2005-vlak.
Lees meer op Landbou.com.