Bek-en-klou kwarantyn by Karan Beef opgehef
2011-04-13 15:26
Johannesburg – Die kwarantyn waaronder Karan Beef vir bek-en-klouseer geplaas is, is opgehef. Dié aankondiging is Woensdag by die voerkraal buite Heidelberg in Gauteng gemaak.
Dr. Dirk Verwoerd, die voerkraal se veearts, sê die kwarantyn is opgehef nadat intensiewe toetse negatiewe resultate gelewer het. Die voerkraal is aanvanklik onder kwarantyn geplaas nadat serologiese toetse vir bek-en-klouseer positiewe resultate opgelewer het.
Die diere wat positief getoets het, het die voerkraal in die distrik Vryheid gekoop en 1 750 diere is onmiddellik geslag. Die week nadat die kwarantyn ingestel is, is dit gedeeltelik opgehef nadat toetse negatiewe resultate gelewer het.
Die voerkraal is, volgens die staat, moontlik vir die eerste keer in die land se geskiedenis toegelaat om onder streng protokol met sy bedrywighede voort te gaan.
Lees meer by Landbou.com
Volg Nuus24 op Twitter