KwaZulu-Natal vra om hulp nà storms
2009-11-28 18:10
Durban - Meer as 1,256 is deur die onlangse storms in die KwaZulu-Natal provinsie geaffekteer, het die provinsiale regering gesê.
Nomusa Dube, plaaslike LUR, het die Newcastle area Saterdag besoek, na ‘n tweede haelstorm in minder as ‘n maand, die area getref het.
Amper twee weke gelede is meer as R340 miljoen se skade deur ‘n haelstorm veroorsaak.
Agt mense het hul lewens tydens dié haelstorm verloor.
Dube het besighede gevra om mense in die area te help.
“Ons sal hulp van die plaaslike regering ontvang, maar vra tog dat besighede ook bydra,” het sy tydens ‘n toespraak gesê.
Tente, komberse en kos word tans aan die geaffekteerde mense verskaf.
- Sapa