Kurrikulum ‘ontoeganklik’

2010-07-28 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir die grondslagfase (gr.0 tot gr.3) is vir die gemiddelde onderwyser ontoeganklik en die inhoud is nie duidelik genoeg uitgestippel nie.

Dít is van die bevindings in ’n verslag wat Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en voortgesette onderwys en opleiding, gister hier uitgereik het. Die verslag is ’n evaluering van die grondslagfase-kurrikulums in Suid-Afrika, Kanada, Singapoer en Kenia. Die kurrikulums vir Engels, wiskunde en lewensoriëntering is spesifiek ondersoek.

Luidens die verslag spesifiseer die Suid-Afrikaanse kurrikulum nie duidelik genoeg hoe onderwysers daarmee moet vorder en assessering moet doen nie. Daar is sterk klem op integrasie in die kurrikulum, maar dit wat aan onderwysers voorgehou word, is ontoereikend. Navorsers meen die hersiening van die kurrikulum moet weerklank vind in die bestaande opleiding van onderwysers en onderwyspraktyk. Hulle moet die kurrikulum verstaan en daarmee kan identifiseer, maar terselfdertyd moet dit die behoefte van leerlinge om internasionaal erkende inhoud te leer, beskerm.

’n Ontleding van die ontwerp van die kurrikulums het getoon daar is groot verskille. Kanada en Suid-Afrika het ’n resultaatgerigte raamwerk, maar gebruik dit verskillend met Suid-Afrika wat vaardighede en generiese leervaardighede beklemtoon.

Wat die omvang en diepte van die kurrikulum vir Engels en wiskunde in die vier lande betref, is bevind Kanada het die grootste omvang en diepte, terwyl Singapoer meer diepte en minder omvang het. Kenia se kurrikulum is die mees minimalistiese met min omvang en diepte. Suid-Afrika het meer omvang en minder diepte, grootliks weens swakker spesifisering van inhoud.

Die verslag het ook gefokus op ander kwessies soos assessering, integrasie, progressie en onderrigbenadering in die kurrikulums. Met verwysing na die gebruikersvriendelikheid daarvan is bevind Kanada het die mees omvattende dokumente. Dit veronderstel ’n hoë vlak van geletterdheid by onderwysers. Die dokumente is lank, logies ontwikkel en goed ontwerp. Die Singapoer-kurrikulums volg ’n meer ekonomiese benadering. Die dokumente is bondig, duidelik en maklik om te gebruik.

In Suid-Afrika is daar baie verskillende dokumente sonder ’n duidelike onderlinge verband. Dié dokumente is met tye vol herhalings en in sommige gevalle teenstrydig.

Kenia se dokumente is minimalisties en yl. Dit fokus op inhoud en sommige algemene en spesifieke doelwitte.

Die verslag bevat verskeie aanbevelings oor onder meer hoe inhoud beter gespesifiseer en die kurrikulums meer gebruikersvriendelik gemaak kan word. Wat Engels as eerste addisionele taal betref, word aanbeveel dat die onderwysdepartement skole waar Engels in gr.?4 die medium van onderrig word, moet adviseer om dit reeds in gr.?0 as vak in te stel. Voldoende tyd moet daarvoor opsygesit word en aandag moet gegee word aan die onderrig van Engels as eerste addisionele taal.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.