Kunstenaar trek klere uit teen Angus

2011-11-27 08:36
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die evangelis Angus Buchan, bekend om sy Mighty Men-saamtrekke en sy boek Faith Like Po­tatoes, is in sy lewe al uit talle oorde gekritiseer.

Maar ’n kunstenaar wat die afgelope week poedelkaal (met byna net ’n Voortrekkerkappie aan) tussen ’n klomp aartappels gaan sit het om kritiek te lewer teen die patriargie, en spesifiek Buchan se boodskap dat vroue hul mans onderdanig moet wees, het ’n hele paar mense skuins laat opkyk.

Saterdag het dié kunstenaar gehoor sy mag nie meer kaal uittrek as deel van die tentoonstelling nie.

“Die galery-eienaar wou al ná die openingsaand my performance stopsit,” vertel die 53-jarige Celeste Coetzee, wat as deel van die uitstalling wit gepoeier tussen die knolle gaan sit. “Die eerste man was reeds op sy agterpote … Die omstredenheid het begin.”

In dié stuk, genaamd Bruid, skeur Coetzee, ’n finalejaar-kunsstudent aan Unisa, onder meer ook ’n bladsy uit ’n Bybel.

Sy is een van nege kunsstudente wat haar werk by die Grande Provence-wynlandgoed in Franschhoek uitstal as deel van Unisa Kaapstad se finalejaar-studente­tentoonstelling.

Dié kritiek op die bekende aartappelprediker en die hantering van die Bybel het talle van die 200 gaste op verlede Sondag se openingsaand laat mor.

“Hoe kan sy dit doen? Het sy dan geen respek nie?” het die gehoor­lede volgens Coetzee onderlangs gefluister.

Sy sê egter die werk, waarin sy kaal as “lewende kunswerk” paradeer, is ’n kritiek op die haalbaarheid van Buchan se boodskap.

Buchan is in die verlede deur vrouegroepe gekritiseer omdat hy verkondig dat mans hoof van hul huishouding moet wees en dat vroue aan hul mans onderdanig moet wees.

Coetzee beeld in haar kunswerk talle ou gebruike uit patriargale omgewings uit met meubels, klere en klank wat gekies is om ’n tydperk in herinnering te bring toe daar minder geslagsgelykheid was. Gebruike wat tradisioneel met onderdanige vroue vereenselwig is, soos pars, brei, kook en bak, word ook uitgebeeld.

Volgens Coetzee ontbloot sy haar in die kunswerk om ’n ervaring van gestrooptheid, verlatenheid en identiteitloosheid uit te beeld.

“Ek het die persona van die ‘wit Afrikanervrou’ aangeneem en dit in konteks van die wit Afrikanerleefwêreld geplaas.

“Ek beeld haar uit as ’n skepsel wat volgens riglyne van dié patriargie optree, terwyl die patriargie weer op sy beurt volgens die voorskrifte van die God van nasionalisme en Calvinisme handel,” sê Coetzee.

Met die openingsaand het alles egter nie volgens haar plan verloop nie en sy is gedwing om haar klere aan te hou nadat van die ander studente sterk kapsie gemaak het oor die naakte optrede. Sommige van hulle wou hul kinders na die openingsaand bring.

Sedertdien trek sy egter elke dag haar klere vir die tentoonstelling uit totdat die galery-eienaars Saterdag finaal ’n stokkie voor dié uittrekkery gesteek het. Die kunswerk kan steeds deel van die uitstalling vorm, maar Coetzee mag nie meer self deelneem nie.

Die eienaar van die galery, Alex van Heerden, was op die openingsaand nie baie gelukkig oor haar werk nie en wou haar uitstalling stopsit.

“Alex het glad nie ’n probleem met die naaktheid nie, inteendeel,” sê Carina Bekker, kurator van die galery. “Hy is egter ongelukkig omdat sy gesê het sy gaan een ding doen en toe doen sy ’n ander. Dis baie belangrik dat kunstenaars konsekwent moet wees.”

Maar Coetzee glo steeds in haar werk. “Ek wil graag sien dat die invloed van my werk tot ’n meer aanvaarbare soort feministiese analise van vroulikheid en moederskap lei,” sê sy.

Die uitstalling duur nog tot 5 Desember.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: angus buchan  |  geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
90 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.