Kunene se nagklub het nie dranklisensie
2011-06-25 13:15
Kaapstad – Die Wes-Kaapse Drankraad het gesê die luukse ZAR-nagklub in Groenpunt, Kaapstad, word sonder 'n dranklisensie bedryf.
Die luukse klub, wat in die Cape Royale-hotel geleë is, is twee boetes opgelê vir dié oortreding.
Die hotel is ook 'n boete opgelê omdat hy ZAR toelaat om op sy lisensie handel te dryf.
Die sakeman Kenny Kunene en Gayton Mckenzie is die eienaars van klub.
Raybin Windvogel, voorsitter van die Wes-Kaapse Drankraad, het gesê een lisensiehouer mag nie ander operateurs toelaat om apart handel te dryf op sy perseel nie.
Die bestuur van ZAR was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter