Kubermisdaad neem toe in SA
2011-09-16 16:09
Johannesburg – 84% van volwasse Suid-Afrikaners wat aanlyn is, het aangedui dat hulle slagoffers van kubermisdaad was, het The Star berig.
74% van dié slagoffers het aangedui dat die misdade die afgelope jaar gepleeg is.
Norton se verslag oor kubermisdaad toon dat kubermisdaad in Suid-Afrika toeneem.
Die toename kan toegeskryf word aan die vordering van selfoontegnologie en die toenemde aantal selfoongebruikers in Suid-Afrika.
Die virusontwerper se boosware (malware) en rekenaarvirusse maak die grootste deel uit van kubermisdaad in Suid-Afrika. Slenters en phishing-bedrog (e-posse wat lyk of hulle van diensverskaffers kom) maak die res van die misdaad uit.
Die totale netkoste van kubermisdaad in Suid-Afrika is R10,9 miljard – 1% van die wêreldwye netkoste van R2,9 triljoen.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA