'Kuber-verkragter' met tot 100 sake verbind
2011-10-07 13:17
Johannesburg – Die polisie sê hulle kan dalk meer as 100 kriminele aanklagte teen 'n reeksverkragter en moordenaar ondersoek.
Die verdagte, wat 13 verskillende name het, is bedrywig in drie provinsies en word al weke lank deur die polisie gesoek.
In KwaZulu-Natal word die verdagte, wat die name George of Thomas Bester gebruik, met 20 aanklagte verbind.
Die verdagte word ook in Gauteng en die Wes-Kaap gesoek.
Speurders in Kaapstad probeer die man met minstens drie moorde verbind.
Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê hulle verwag dat meer mense nou na vore sal kom.
Die man se modus operandi is om modelagenskappe te kontak.
Hy versoek die dienste van modelle wat hy dan na ander provinsies lok. Die man beroof, verkrag en in sommige gevalle, vermoor sy slagoffers.
Die hulp van die Valke is nou ingeroep.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter