Krugerpark stel verbod in op drank

2011-01-15 08:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dagbesoekers aan die Krugerwildtuin gaan verbied word om drank by die park in te bring nadat SANParke meer as 130 klagtes gekry het van onder meer dronkbestuur, rusverstoring, dieremishandeling en selfs kaalswemmery.

Dr. David Mabunda, uitvoerende direkteur van SANParke, het gister gesê die nuwe reël gaan beslis ingestel word en sal permanent geld.

Hulle is “siek en sat” vir dit wat in die park gebeur, het hy gesê. Die 130 klagtes is in net twee weke ontvang.

“Daar is ’n gebrek aan respek vir die park. Mense ignoreer reëls en regulasies en drankmisbruik is ’n groot probleem.

“Daar is ook besoekers uit voorheen benadeelde gemeenskappe wat hierheen kom om piekniek te hou omdat hulle nie soortgelyke geriewe in hul onmiddellike omgewing het nie.

“Hulle stel nie daarin belang om die diere te bewonder nie, maar om hulself te geniet – daarom die musiek en dansery nadat hulle baie gedrink het,” het Mabunda gesê.

Die verbod op drank sluit nie oornagbesoekers in nie. Hulle mag in die privaatheid van hul chalets drink “mits hulle nie die rus versteur nie”, maar mag nie buite die kampterrein drink nie.

SANParke beoog om die nuwe reëls die Paasnaweek in te stel. Daar is binnekort ’n bestuursvergadering om eenstemmigheid oor dié datum te kry.

Mabunda het ook gesê ’n parkeer-en-ry-stelsel gaan ingestel word. Besoekers sal hul motors by verskillende ingangshekke parkeer en dan die park in gemeenskapsbussies besoek.

Wild Card-houers sal daarvan uitgesluit word. Hulle hoef ook nie vooruit te bespreek soos verwag sal word van gewone dagbesoekers nie.

Die doel daarvan is om die hoë volume van dagbesoekers en verkeer op vakansiedae te beheer. Dié stelsel gaan hoogstens tien dae van die jaar tydens “spitstye” gebruik word.

“Dit is moeilik om tussen 800 000 en ’n miljoen dagbesoekers per jaar te beheer as daar nie streng reëls ingestel word om die toenemende klagtes oor dagbesoekers se ongeskikte gedrag te hanteer nie.”

Inspekteurs gaan ook by dagbesoeker-gebiede aangestel word om besoekers vas te trek wat drank in hul koelbokse wil insmokkel.

“Ons gaan nié dié besluit (om die nuwe reëls in te stel) terugtrek nie, ongeag hoeveel besware daar is.

“Dagbesoekers se kommerwekkende gedrag kan internasionale en nasionale besoekers afskrik, wat die voortbestaan van ons ikoniese parke en die reputasie van Suid-Afrika as ’n toeristebestemming bedreig.

“Dít gaan ons nie toelaat nie.”

Die besluit kom kort nadat twee mans in ’n vuisslanery in die wildtuin betrokke was. Die mans, van Durban en Malalane, het mekaar op 27 Desember op die hoofpad tussen Onder Sabie en Krokodilbrug te lyf gegaan.

Die een man was glo vies omdat een van die jong mans in die Malalane-motor glo ’n bierbottel na die Durban-motor gegooi het.

Meloshanie Ambrosem het gesê haar man, wat die Durban-motor bestuur het, glo dit was ’n rassistiese aanval.

Sy het haar man se kommentaar op Talk Radio 702 se Facebook-blad gepubliseer, waar hy onder meer beweer twee insittendes van die Malalane-motor het hulle glo “f****n k**lies” genoem en die eerste vuis geswaai.

Buks Viljoen berig geen aanklagte is in verband met die voorval by die polisie ingedien nie.

In ’n verklaring gister het SANParke ook na die voorval as rassisties verwys. Luidens die verklaring sal “geen steen onaangeraak gelaat word” in die ondersoek om vas te stel wat werklik gebeur het nie.

- Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: sanparke  |  krugerwildtuin  |  drank

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.