Kruger-rande uit huis gesteel, gesin aangehou
2012-12-10 08:14
Johannesburg – Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap is op soek na twee mans wat die naweek ‘n gesin van onder meer Kruger-rande, juwele en skootrekenaars geroof het.
Volgens die polisie is die items R537 000 werd.
Lt.kol. Priscilla Naidu sê die mans het by die huis in Fairbridge ingebreek en die gesin met vuurwapens aangehou.
“Die gesin is opdrag gegee om op die vloer te lê terwyl hulle die huis deursoek het,” het sy gesê.
Die mans het met Kruger-rand ter waarde van R500 000, juwele, skootrekenaars en ander items weggekom.
In ‘n aparte voorval is ‘n man die naweek voor sy dogter in Kwanobuhle, Uitenhage, doodgesteek.
Johannes Mlanyavi (56) het saam met sy 21-jarige dogter naby die vliegveld gestap toe twee mans hulle Saterdag om 10:30 oorval het.
“Hulle het hulle met ‘n mes gedreig en hul geld en selfone geëis,” het die polisiewoordvoerder gesê.
“Mlanyavi het sy beursie met R200 oorhandig en was besig om sy selfoon te oorhandig toe een verdagte hom begin steek en aangerand het,” het hy gesê.
Die mans het die jong vrou se selfoon gegryp en op die vlug geslaan.
Naidu sê die pa het inmekaargesak en gesterf nadat hy in die kop, arm en bors gesteek is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA