‘Krokodil!’ – toe verdwyn vrou

2010-01-04 08:12
Tweets Share Share line Print

Marietie Louw-Carstens

Johannesburg - ’n Groep vriende van Phalaborwa in Limpopo se Nuwejaarsdagpret het in ’n tragedie geëindig toe ’n krokodil ’n jong vrou in die Olifantsrivier gegryp en vermoedelik verslind het.

Mariska Buitendag (27), ’n kelnerin van Phalaborwa, het volgens vriende nie eens tyd gehad om om hulp te roep of te gil nie. Sy het ook nie gespartel nie.

Slegs ’n rimpeling op die water is gesien waar sy sekondes tevore in die Olifantsrivier geswem het.

Pieter (Borris) Henning, haar vriend, het gesê een van hul vriende het net gegil “die krokodil!”

Henning wat op die wal van die rivier was, het dadelik in die water gespring om na Buitendag te soek.

“Alles het hopeloos te vinnig gebeur. Ek was te laat. Sy was weg,” het hy gesê. Henning en Buitendag was slegs sowat ’n week lank ’n paartjie.

Buitendag en ’n groep vriende het Vrydagoggend na die walle van die Olifantsrivier buite Phalaborwa gegaan om Nuwejaarsdag te vier.

Volgens Henning was hulle naby Kambako River Safaris, waar safari’s op bote vir toeriste aangebied word. “Ons het al baie daar gaan ontspan en lekker rustig gekuier.”

Buitendag het die oggend glo twee keer in die Olifantsrivier gespring en geswem. Dit is toe sy glo die derde keer ingespring en op haar rug geswem het, dat die krokodil haar gegryp het.

Beeld het by ’n polisielid, wat kort ná die voorval by die rivier opgedaag het, verneem sy was tussen 10 en 15m van die rivierwal af toe die krokodil haar gevang het.

Sers. Malesela Makgapo, woordvoerder van die Phalaborwa-polisie, het gesê die groep vriende het glo baie drank gebruik.

“Swem word ten strengste verbied op die plek waar die vriende die dag geswem het,” het Makgapo gesê.

Die polisie van Polokwane (Pietersburg) se watervleuel is Saterdag na die plek om na Buitendag te soek.

’n Polisiesnuffelhond is ook langs die walle van die rivier ingespan om na haar oorskot te soek.

Makgapo het gesê die polisie maan mense om nie in riviere in Limpopo te swem nie. ’n Jare lange inwoner van Phalaborwa het aan Beeld gesê “ ’n mens druk nie eers jou toon in daai rivier nie. Dit is vrot van die krokodille en seekoeie.”

Buitendag het by ’n restaurant in die dorp gewerk. Sy het twee jong kinders. Haar ouers was in Pretoria tydens die voorval en het hulle na Phalaborwa teruggehaas nadat die polisie hulle gebel het.

Karel Buitendag, haar pa, wou nie met Beeld praat nie.


- Beeld

Lees meer oor: stertes  |  limpopo  |  krokodil

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.