Krokodil gryp seun by rivier

2011-03-29 07:17
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Tienerseun is Saterdag deur ’n krokodil gevang toe hy water in ’n rivier in die Vhembe-streek van Limpopo gaan haal het.

Mpho Bwoy Mugwena (12) het saam met vriende na die Mutshindunirivier, sowat 40 km noordoos van Thohoyandou, gegaan om drinkwater te gaan haal.

Kapt. Mashudu Malelo, polisiewoordvoerder, het gesê sy geskokte vriende het gesien hoe die krokodil hom gryp en in die water verdwyn.

Hulle het na die Tshivhilwi-nedersetting, waar die seun gebly het, gehardloop om hulp te kry.

Die gemeenskap het die polisie in kennis gestel.

Die gemeenskap is woedend omdat die polisie glo nie dadelik na die rivier gegaan het om na die seun te soek nie. Volgens van die mense het plaaslike polisie­lede glo gesê hulle is “te bang” om in die rivier in te gaan omdat daar baie krokodille is.

Die polisie moes Maandagoggend ingryp toe van die mense gedreig het om self na die seun of oorskot van hom in die rivier te soek. Volgens Malelo moes polisielede gisteroggend die gemeenskap probeer kalmeer.

Na verneem word, het ’n groep van sowat 15 mense omstreeks 12:00 die rivier met stokke ingegaan om die krokodille weg te jaag.

Lt.kol. Mohale Ramatseba, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie en polisieduikers is Saterdag na die rivier. Dit was glo te gevaarlik om met ’n reddingsoperasie te begin omdat die rivier vol krokodille is.

“Die polisie is altyd bereid om hul lewe te waag in gevaarlike reddingsoperasies, maar sommige situasies soos ’n rivier vol krokodille maak dit onmoontlik vir die polisie om in te gryp,” het Ramatseba gesê.

Hy het gesê die polisieduikers is gister weer na die rivier om na oorskot van die seun te soek.

“Mense moenie water gaan haal in riviere waar krokodille is nie. Hulle moet ook nie daar swem of speel nie,” het Ramatseba gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.