Kroegstormloop – Eienaar in hegtenis geneem
2011-01-01 22:48
Johannesburg – Die eienaar van ‘n Noordwes-kroeg waar 10 mense op Oujaarsaand in ‘n stormloop dood is, is in hegtenis geneem.
“Die eienaar is vanmiddag (Saterdag) in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla,” het kapt. Adele Myburgh aan Sapa gesê.
Die man (48) sal Maandag in die landdroshof op Sweizer-Reneke verskyn.
Volgens Myburgh het die stormloop by die ingang na die kuierplek, die Basotho-kroeg, se dansarea plaasgevind om 2:15 op Oujaarsaand.
SABC het vroeër berig dat ‘n onderonsie tussen klante tot die voorval gelei het, maar nie Myburgh of Kgwele kon dit bevestig nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA