Kritiek op Simelane-aanstelling duur voort

2009-11-30 07:02
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad - Kritiek op adv. Menzi Simelane het gister voortgeduur enkele dae nadat pres. Jacob Zuma hom as die nuwe direkteur van openbare vervolgings aangestel het.

Die jongste teenkanting kom van adv. Paul Hoffman SC, ’n direkteur aan die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika. Hy meen Simelane is nie ’n “bevoegde en gepaste” persoon vir dié pos nie.

Hy grond sy kritiek op Simelane se gebrek aan die nodige vervolgingservaring.

Hoffman het gesê sy geskiedenis skep ook ernstige twyfel oor sy vermoë om sonder vrees, guns of vooroordeel op te tree.

Simelane se aanstelling het verlede week ’n stortvloed kritiek van opposisiepartye en akademici ontlok.

Intussen het eerw. Mvume Dandala, parlementêre leier van Cope, aan die openbare beskermer geskryf.

Dié party versoek onder meer ingryping in dié aanstelling, wat hulle as ’n “oordeelsfout” beskryf.

Hoffman het gister in ’n meningsartikel in die Sunday Times geskryf die basis van grondwetlikheid word ondermyn as daar nie ’n streng onafhanklike persoon aan die spits van die vervolgingsgesag staan nie.

“Dit verg iemand wat nie enige verpligtinge teenoor die uitvoerende gesag het nie en wat in staat is om sonder enige vrees, guns of vooroordeel te vervolg.

Sentraal in die stortvloed kritiek op Simelane is dus die bepaling dat die direkteur van openbare vervolging sy pligte sonder enige vrees, guns of vooroordeel – wat die onafhanklikheid van die regbank verseker – moet kan uitvoer.

“Pikoli het hom hierop beroep toe hy tereg geweier het om opdragte te aanvaar van die uitvoerende gesag met betrekking tot sy besluit om sekere individue, veral die voormalige polisiekommissaris Jackie Selebi en Zuma, te vervolg.”

Of Simelane die vermoë het om onafhanklik op te tree, is ’n ope vraag, skryf Hoffman.

’n Nuuskonferensie is geskeduleer vir vanmiddag wanneer Jeff Radebe, minister van justisie, sal verduidelik waarom Simelane ’n gepaste keuse vir die pos is.

Mnr. Tlali Tlali, Radebe se woordvoerder, het gister gesê alle vrae oor Simelane se aanstelling sal op die nuuskonferensie gehanteer word.

Intussen wou adv. Dumisa Ntsebeza, lid van die Regterlike Dienskommissie, nie gister kommentaar lewer op ’n berig in die Sunday Argus dat Zuma hom aanvanklik vir die pos genader het nie. Pogings om kommentaar van Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, hieroor te kry, was gister onsuksesvol.

- Die Burger

Lees meer oor: menzi simelane  |  jacob zuma

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.