Krisis met wapen-lisensies

2011-06-13 06:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Dit gaan ’n wonderwerk verg as die polisie sy minister, Nathi Mthethwa, se sperdatum van einde Julie vir die verwerking van alle aansoeke om vuurwapenlisensies wil haal.

Die polisie se kantoor van die sentrale vuurwapenregister het sewe weke oor om meer as ’n half-miljoen aansoeke af te handel.

Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by die burgerregte-inisiatief AfriForum, sê “die aansoeke om vuurwapenlisensies lê in die gange tot teen die dak”.

“Dit is ’n krisis.”

Hy het betroubaar verneem dat om dié agterstand te probeer inhaal, die polisie 600 spoorwegpolisiebeamptes landwyd gekry het om by dié kantoor in Pretoria te werk.

Die 600 het glo verlede week in skofte van 12 uur begin werk.

Die polisie kon dit nie Sondagmiddag bevestig nie.

Hy vermoed Mthethwa besef nie die omvang van die probleem nie omdat dit lyk of die verkeerde inligting oor lisensie-aansoeke glo deur die sentrale vuurwapenregisterkantoor aan die minister gegee word.

Kelder het gesê Mthethwa het vroeër op ’n parlementêre vraag geantwoord dat die getal hernuwingsaansoeke om vuurwapenlisensies van 2004 tot einde Januarie 2009 altesame 881 136 was.

Volgens Kelder het hy egter betroubaar verneem die aantal hernuwingsaansoeke in dié tyd was sowat 1,2 miljoen, waarvan slegs 600 000 in dié vyf jaar afgehandel is.

Mthethwa het onlangs aangekondig dat van 1 Oktober verlede jaar tot 18 April vanjaar 39 851 aansoeke van die hand gewys en 46 374 goedgekeur is.

Volgens Kelder het die polisie ’n onmoontlike taak as hulle in vyf jaar slegs sowat 600 000 aansoeke kon finaliseer.

Van die oorblywende aansoeke kon daar in die ses maande van Oktober tot April nie eens 100 000 aansoeke gefinaliseer word nie.

“Die agterstand in die hantering van aansoeke om lisensies en bevoegdheidsertifikate is veel groter as wat eers beraam is,” het Kelder gesê.

“Die kantoor van die sentrale vuurwapenregister het nie die vermoë om die aansoeke af te handel nie.

“Dit wil lyk asof aansoeke voor die voet afgekeur word in ’n poging om die sperdatum te haal.”

Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, sê die minister is afhanklik van inligting wat ’n departement vir hom gee. Daarom moet bewerings eers ondersoek word.
 

- Die Burger

Lees meer oor: wapens  |  polisie  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sirrion sê... Ek kon dit nie beter stel nie. As jy nie wil hoor nie moet jy voel. Mariana sal jy met my in huwelik tree. Liewer vroeer as later voor my meeting maandag. Lees die storie...

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

Marketing BI Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Financial Manager - Angola

Angola
Under African Skies Recruitment
R35000 - R40000

Environment Architect

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Cars - Search 1000's of new and used cars

FORD

Fiesta 1.6 TiVCT Trend 5-dr MY08
2012
R 197,790.00

FORD

Bantam 1.3i AC PU MY09
2011
R 107,900.00

JEEP

Grand Cherokee Limited 4.7 4x4 AT
2001
R 89,990.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.