Krejcir weer in hof
2011-10-11 10:05
Johannesburg – Tsjeggiese voortvlugtige en vermeende mafia-baas Radovan Krejcir verskyn Dinsdag op aanklag van bedrog in die Johannesburgse landdroshof.
'n Verhoordatum sal vasgestel word vir die 43-jarige wat uit is op borgtog van R500 000.
Die aanklag van bedrog teen hom hou verband met sy versekeringseis van R4,5 miljoen nadat hy mediese dokumente, wat toon hy het kanker, aan die versekeringsmaatskappy oorhandig het.
Marian Tupy, sy uroloog, het voorheen erken dat hy versekeringsdokumente vervals het sodat die maatskappy Krejcir kon uitbetaal vir blaaskanker.
Tupy is sewe jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, opgelê as deel van 'n pleitooreenkoms in ruil vir sy getuienes teen Krejcir.
Krejcir is in die Tseggiese Republiek in absentia tot ses en 'n half jaar tronkstraf gevonnis vir belastingbedrog en is ook aangekla van sameswering om moord te pleeg, uitbuiting en ontvoering.
Die polisie het verlede inligting met hom "uitgeruil" in hul ondersoek na die moord van Lolly Jackson.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA