Krejcir móés glo uit Tsjeggië vlug

2011-04-07 14:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se advokaat het Donderdag 'n beëdigde verklaring oor hoekom hy in Suid-Afrika opgeëindig het, uitgelees.

Krejcir het in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog wat verband hou met 'n versekeringseis van R4,5 miljoen waarin hy mediese dokumente bekom het wat sê hy het kanker.

In sy beëdigde verklaring het Krejcir gesê hy moes die Tsjeggiese Republiek verlaat omdat sy lewe in gevaar was.

Krejcir het gesê hy het in 'n Tsjeggiese koerant oor sy inhegtenisneming gelees, berig Eyewitness News.

Hy ontken bewerings van bedrog.

Hy het ook beskryf hoe hy vervolging in die Tsjeggiese Republiek vrygespring het deur 'n beëdigde verklaring van sy uitleweringsverhoor in 2007 te gebruik. In dié verklaring het hy beweer dat hy deur die regering vervolg is en genoop is om vervalste paspoorte te gebruik om uit die land te vlug.

Krejcir het gepraat oor klopjagte wat 20 gewapende polisiemanne op sy huis uitgevoer het, hoe hy in die berge weggekruip en 'n fiets gebruik het om na Pole te ry.

Sy tog het hom toe deur Turkye, Doebai, die Seychelle en Madagaskar geneem voor hy in Johannesburg in hegtenis geneem is.

Sy vrou, Katerina, sy seun, Dennis, en sy ma, Nadezda, was in die hof.

Krejcir, geklee in 'n grys potloodstreep pak, het verskeie kere omgedraai en vir sy familie geglimlag terwyl sy regsverteenwoordiger sy verklaring gelees het.

Daar was 'n sterk polisieteenwoordigheid buite hof 16 voor Krejcir se verskyning.

Riegal Du Toit, staatsaanklaer, het met vier polisiemanne wat met R5-gewapen was, by die hof aangekom.

Dit is deel van 24-uur beskerming nadat sy naam op 'n moordlys, wat verlede week tydens 'n klopjag op Krejcir se huis uitgevoer is, verskyn het.

Cyril Beeka, ’n leiersfiguur in die onderwêreld wat sowat twee weke gelede in Kaapstad doodgeskiet is, en die privaat ondersoeker Paul O’Sullivan se name is ook op dié moordlys.

Krejcir word ook ondervra oor die moord op Beeka.

Beeka se naam was eerste op die moordlys wat in Krejcir se huis in Bedfordview gevind is.

Hofverrigtinge duur voort.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: cyril beeka  |  radovan krejcir  |  bedrog  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.