Krejcir-hofsaak uitgestel weens stakings
2011-07-08 10:43
Johannesburg – Die bedrogsaak teen die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir is in die Johannesburgse landdroshof uitgestel.
Die saak is tot 14 Julie uitgestel omdat tolke en stenograwe na bewering gestaak het.
Krejcir se regsverteenwoordiger, Eddie Claasen, het aan die hof gesê hy wil ‘n aansoek rakende sy borgtog indien.
Claasen het ook die hof in kennis gestel dat Krejcir nie op 1 Julie by ‘n polisiestasie aangemeld nie. Dié reëling vorm ‘n deel van sy borgtogvoorwaardes.
Die sakeman se prokureur sê Krejcir was in die hospitaal toe hy by die stasie moes aanmeld.
Krejcir verskyn op aanklagte van bedrog wat verband hou met 'n versekeringseis van R4,5 miljoen waarin hy mediese dokumente bekom het wat sê hy het kanker.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA