Kragtoevoer in Roodepoort herstel
2012-09-18 07:15
Johannesburg – Die kragtoevoer in Roodepoort, wes van Johannesburg, is teen Maandagaand ten volle herstel, het Johannesburg se kragverskaffer, City Power, Dinsdagoggend gesê.
"City Power sal die situasie monitor en klante in kennis stel van enige verwikkelinge," het Sol Masolo, woordvoerder, in 'n verklaring gesê.
"Ná 'n kragonderbreking wat Roodepoort en die omliggende gebiede gisteroggend (Maandag) geraak het, het City Power die kragtoevoer teen 21:30 Maandagaand na al die gebiede herstel."
'n Brand by 'n substasie, wat deur kabeldiefstal veroorsaak is, het Maandag die kragonderbreking veroorsaak.
Die lyk van 'n vermeende kabeldief is by die substasie gevind.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA