Kragonderbrekings in Seepunt beplan
2011-06-30 15:50
Kaapstad – Owerhede in Kaapstad het gewaarsku dat sommige inwoners van Seepunt se elektrisiteitstoevoer Donderdag afgesny gaan word.
Toerusting by 'n aantal substasies in die gebied moet opgradeer word.
Charles Cooper, woordvoerder van die stad Kaapstad, het gesê die opgraderingswerk sal omstreeks 22:00 begin.
Die gebiede wat geraak word, sluit die volgende strate in: Beach, Queens, Quantock, Castle, Quendon en St. Andrews.
Persone met navrae kan 0800 220 440 skakel.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter