Kragonderbrekings in Jhb
2010-04-27 13:19
Johannesburg – Dele van Johannesburg is Dinsdag sonder elektrisiteit gelaat weens ‘n tegniese probleem by ‘n substasie in die Craighall-area, het City Power, die Johannesburgse elektrisiteitsafdeling, gesê.
Volgens Louis Pieterse, woordvoerder, is Rosebank, Braamfontein, Linden en Rooseveltpark geaffekteer.
“Tegnici is besig om aandag te skenk aan die probleem,” het hy gesê.
Die krag behoort binnekort weer aan te wees.
- Sapa